Karl Popper

Karl Popper
Karl Popper ca. 1980's

Geboortenaam Karl Raimund Popper
Gebore 28 Julie 1902
Wene, Oostenryk-Hongarye
Oorlede 17 September 1994 (op 92)
Londen, Engeland
Nasionaliteit Vlag van Oostenryk Oostenryk
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Vakgebied epistemologie, rasionaliteit, Filosofie van die wetenskap, logika, Sosiale en politieke filosofie, metafisika, Filosofie van die gees, Oorsprong van die lewe, Interpretasie van kwantummeganika
Beïnvloed deur Sokrates, Lycophron, Aristoteles, Descartes, Kant, Schopenhauer, Hegel, Kierkegaard, Einstein, Wene-sirkel, Hayek, Alfred Tarski, Selz, Russell, Campbell, Burke, Mill, Hume, Wächtershäuser
Invloed op Feitlik al die filosofie van die wetenskap sedert die 1930's
Hayek, Friedman, Lakatos, Feyerabend, Soros, Miller, Agassi, Bartley, Gombrich, Jarvie, Dahrendorf, Levinson, Gellner, Munz, Magee, Lorenz, Shearmur, Medawar, Dimitrakos, Albert, Gellner, Dirk Verhofstadt, Nassim Nicholas Taleb, Deutsch, Eccles, Penrose

Karl Raimund Popper (Wene, 28 Julie 1902Londen, 17 September 1994) was 'n Oostenryks-Britse filosoof wat veral bekend is vir sy wetenskaplike metode-teorie, sy kritiek op die historiese determinisme en steun vir die 'oop samelewing'.

Hy was 'n belangrike sosiale en politieke filosoof, 'n vurige ondersteuner van die liberale demokrasie, die beginsels van sosiale kritiek waarop dit gegrond is, en 'n onwrikbare teenstander van outoritarisme. Hy het ook bekend geword vir sy weerlegging van die klassieke denkmodel van wetenskap as 'n proses van waarneming en induksie en sy pleidooi vir "weerlegbaarheid" as kriterium om wetenskap van nie-wetenskap te onderskei.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search